Bome neem die meeste voedingstowwe en water op by hulle druplyn. Die druplyn is die gedeelte op die grond direk onder die buitenste rand van die takke en blare.
Die meeste kunsmis moet op die druplyn geplaas word. Water moet ook hoofsaaklik hier gegee word. ‘n Wenk is om met ‘n vurk gate op die druplyn te maak vir beter absorpsie. Gooi die kuns mis in die gate en maak dit dan toe met grond. Dien ook swamdoders op die manier toe.