Terugblik op 2013


Maart

9 – Doc Immelman – Die Afrikaanse skrywer Doc Immelman (84) is op 9 Maart in Windhoek oorlede.

11 – Mandy Rossouw – Die bekende joernalis en skrywer Mandy Rossouw (33) word op 11 Maart dood in haar woonstel in Johannesburg aangetref, nadat sy kort vantevore van borspyn gekla het.

21 – Chinua Achebe – Die Nigeriese skrywer Chinua Achebe (82) sterf in ‘n hospitaal in Boston, Amerika.

April

4 – Roger Ebert – Waarskynlik die bekendste filmresensent van sy tyd, sterf aan kanker op die ouderdom van 70 jaar.

8 – Margaret Thatcher, oudpremier van Brittanje, sterf na ‘n beroerte.

15 – Boston Marathon Ontploffings – Twee bomme ontplof naby die eindstreep van die Boston Marathon.

Mei

12 – Nico van Rensburg – Die Afrikaans musieklegende sterf na ‘n hartaanval.

Junie

19 – James Gandolfini – Die Amerikaanse akteur sterf na ‘n hartaanval.

September

2 – Die bekende Amerikaanse skrywer van wetenskapsfiksie, Frederik Pohl, sterf in die ouderdom van 93 jaar.

Oktober

2 – Die Amerikaanse skrywer Tom Clancy (66) sterf in New York aan onbekende oorsake. Sy boeke het hoofsaaklik ‘n militêre of spioenasie tema gehad. Verskeie van dié boeke is in films en rekenaarspeletjies omskep. Die bekendes sluit in The Hunt for the Red October (1984) en Sum of All Fears (1991).

27 – Lou Reed – Die Amerikaanse musieklegende sterf in die ouderdom van 71 aan lewersiekte.

Desember

5 – Nelson Mandela – Die Suid-Afrikaanse staatsman en wêreld ikoon sterf in die ouderdom van 95 jaar.

14 – Die Ierse akteur Peter O’Toole is oorlede in die ouderdom van 81 jaar.

15 – Die Amerikaanse aktrise Joan Fontaine sterf in die ouderdom van 96 jaar.

23 – Mikhail Kalashnikov, ontwerper van die AK-47 geweer, sterf in die ouderdom van 94.

Lewer kommentaar

Leave a Reply