Kersboom / nNumanyama

Cassia abbreviata

Hierdie boom kom natuurlik voor in die noorde van Suid-Afrika. Dit groei in digte en oop bosveld. Die boom word gewoonlik nie veel hoër as 6 meter nie.

Die blare en blomme word meesal aan die punte van die takke gedra. Die geurige blomme wissel van donker-roomkleur tot heldergeel.

Die sade is in lang buisvormige peule van meer as 60 cm. Die peule kan tot ’n jaar lank aan die boom bly hang.

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

  1. 'n Pragtige boom! Ek het een hier by my geplant in Tarlton (Gauteng) maar ons vreeslike rype het korte mette van hom gemaak. Dankie vir die interessante inligting!

Lewer kommentaar

Leave a Reply