Naboom / Gewone melkboom

Euphorbia ingens

Die gewone melkboom kom in die warmer noordelike dele van Suid-Afrika voor en in KwaZulu-Natal. Hier groei dit een-een of in groepies.

Die boom word ongeveer 9 meter hoog. Dit dra manlike en vroulike skynblomme. Die skynblomme is geelgroen met ’n rooi tint.

Die melkerige sap moet nie op jou vel kom nie, want dit kan blase veroorsaak. As dit in jou oë kom, kan dit erge pyn en selfs tydelike blindheid veroorsaak.

Die boom groei maklik van steggies.

foto: Harvey Barrison

Lewer kommentaar

Leave a Reply