Die ideale ouderdom van seksmaats vir mans en vrouens verskil. Met “ideaal” word bedoel die ouderdom wat jy verkies jou seksmaat moet wees.
Navorsing aan ’n Finse universiteit het bevind dat mans en vrouens verskillende ouderdomme verkies en dat vrouens meer geneig is om hul ideale ouderdom te kry.
’n Vrou verkies normaalweg ’n maat wat min of meer dieselfde ouderdom as sy is, terwyl ’n man ’n veel jonger vrou verkies. Die voorkeur verander egter vir mans jonger as 20, wat weer ouer vrouens verkies.
