Dichrostachys cinerea
Die sekelbos kom wyd oor die wêreld voor. In Suid-Afrika kom dit in die droër dele van die noorde van die land voor en in KwaZulu-Natal. Vreemd genoeg hou dit van droë dele sowel as ’n tropiese klimaat.
Die boom blom in Desember. Dit is lang are wat uit pers of wit blomme bestaan naaste aan die stam en vêrder weg is dit heldergeel.
Die boom kry die naam by die gekromde peule wat lyk soos sekels.
(foto Marco Schmidt)

