Celtis africana
Die witstinkhout is ‘n mooi bladwisselende boom. Die groei mooi regop en kan tot 30 meter hoog raak. Die stam se deursnee raak tot 1 meter in die natuur. Dit kan meer struikagtig raak indien dit in ‘n onbeskutte plek staan. Die boom kom oraloor Suid-Afrika voor en aard in enige omstandighede.
Die harige blaartjies verskyn in die lente. Die geel-groen vroulike blommetjies kom een-een voor, terwyl die manlike blommetjies in groepe in die oksels van die blare sit.
(foto Abu Shawka)
