Avokado’s

Persea americana

Die ideale staanplek vir ‘n avokadoboom ondervind geen ryp nie en het baie water, maar jy sal sien dat hierdie bome omtrent oral groei. Neem net kennis dat uiterste temperature en hoe humiditeit die vrugte sal laat afval – baie seer as jy as onskuldige student onderdeur ’n hoë avokadoboom op Stellenbosch stap.

Die grond moet goed dreineer, maar dit groei goed in kleierige leemgrond. Berei die gat voor soos vir meeste vrugtebome. Doen dit so 30 dae voor jy die boom plant. Maak die boom elke 3 weke deeglik nat en voor en na jy bemesting toedien.

Aanvanklik moet dit elke 2 maande 30 g KAN kry vir die eerste jaar. Daarna 450 g 2:3:2 een maal per jaar tot die boom 10 jaar oud is. Daarna gee jy 450 g 3:1:5 jaarliks. Dit moet ook 60 g Engelse sout kry een maal per jaar.

Die avokadoboom het verder min aandag nodig. Dit hoef nie gesnoei te word nie en dit bly redelik vry van siektes.

(foto Mark Hofstetter)

Lewer kommentaar

Leave a Reply