Pampoene

Cucurbita maxima

Jy moet plek hê vir pampoene. Die plante groei wyd en is die hele somer in die groentetuin.

Saai pampoensaad direk in grond wat redelik vrugbaar is. Hoe meer mis en kompos hulle kry, hoe beter groei hulle. Die grond moet goed dreineer.

Dit is verkieslik dat die plante onder die blare natgemaak word, as gevolg van meeldou wat maklik kan ontwikkel.

Dit vat tot 4 maande voor die pampoene reg is om geoes te word. Pluk die vrugte sodra die skil begin hard word en hulle glans begin verloor. Pluk die vrugte saam met 5 cm van die stingel. Sny die stingels, moet dit nie breek nie. Dit verbeter die bergingsgehalte van die pampoen.

Lewer kommentaar

Leave a Reply