Ek het op die ouderdom van 28 besluit om vir die snip te gaan. Dit was meestal oor higiëniese en kosmetiese redes en tot ‘n minder maat oor mediese redes.
Ek is baie bly ek het dit gedoen en het ook eers baie daaroor gelees voor ek my finale besluit gemaak het.
Ek is baie dankbaar aan my ouers dat hulle my die keuse gelos het om self hieroor te besluit, noudat ek ‘n volwassene is. Ek lees te veel van ouens wat die moer in is omdat hulle ouers dit aan hulle gedoen het toe hulle babas was – net omdat die pa so lyk!
Ek dink dit moet elke man se eie keuse wees- ook dink ek dis ‘n moerse traumatiese ding vir ‘n baba. Los die arme kinders se totties uit en laat hulle self daaroor besluit as hulle die dag groot is! Wat ek ook graag wil vertel is- ja seks en gevoel is beslis anders. Veral na 28 jaar met ‘n kappie en nou skielik is dit nie meer daar nie. Ook dink ek my uroloog het nie sy beste werk gedoen toe hy my gechop het nie – hulle is gewoond om klein piepies van baba seuntjies te sny en dis werlik iets anders as om ‘n volwasse peester te chop. Ek is ook baie gestel oor my look, so jy kan dink dat ek effe teleurgesteld was na al die blou en swelling weg was, en te sien dat dit nie vreeslik “mooi” gedoen is nie. Ek het intussen ‘n baie goeie vriend van my gewys hoe ek nou lyk en so vertel hy my dat hy ook op ‘n ouer ouderdom die snip gehad het – na naby inspeksie kon ek toe by hom ook sien dat die kosmetiese werk nie baie goed gedoen was nie.
Ek sal ouens aanraai, wat ook vir die snip wil gaan, maak seker jy wil dit doen, en wees seker van jou dokter wat dit doen. Dit kan miskien help om een te kies wat meer kosmneties te werk sal gaan. Weet ook dat dit seer is en moenie verwag om seks te hê na 6 weke nie – daar is nog baie swelling en die steke vat langer om uit te kom. Deur die aande en vroeg oggende (morning glory tyd) is dit ook heelwat seer want alles span en die steke trek.
Dit was vir my ook ‘n groot aanpassing om gewoond te raak aan die gevoelligheid en die feit dat alles my sensitiewe koppie geskuur het. Ek moes vir paar weke met ‘n extra doekie lappie om my piepie loop want die gevoelligheid was net te erg.
Soos tyd verby gaan raak die gevoelligheid minder en kan jy normaal aangaan.
En net ‘n klein tip: stock op met lube! Ek het nooit geweeet hoe lucky ek was met die extra stukkie vel as dit by handjie-maak kom nie.
Nou moet ek oral gaan met my buisie KY.
Alle groete
bydrae: Dapper
Vir mediese raad oor jou sekslewe en gesondheid besoek www.boererate.com.

Ek was ook op 30 besny, het nie die probleem met gevoeligheid ondervind nie, want die voorvel het slegs oor die kop gekom wanneer dit koud was. Was deur 'n algemene dokter gedoen, en omdat die resultaat ook sleg vertoon het, was ek na 'n uroloog wat die werk weer oor gedoen het. Dit was toe mooi gedoen en kan nou met trots kaal rondloop. Indien nie sukses probeer weer, want dit verbeter jou selfbeeld. Ek sal dit aanbeveel om besny te word op ouer ouderdom wanneer jy self besluit.
Alle groete
Tevrede