Sampioene

Sampioene is nie groente in die ware sin van die woord nie, maar swamme. Hulle is nog plant, nog dier, maar ‘n lewensvorm op hul eie.

Sluit aan by die Gesprek

14 Kommentare

  1. Kan iemand asb. vir my meer inligting gee oor sampioen kweking by die huis. Ek wil weet waar begin ‘n mens, wat het ‘n mens alles nodig en waar kan ‘n mens die spore koop. Enige bronne, web-adress ens. sal waardeer word.

  2. Gourmetsampioene is jou beste keuse. Dit is maklik om hulle te kweek en ‘n mens benodig minder kapitaal. Hulle groei ook op haas enige soort plantafval.
    Week die plantreste in water tot dit versadig is. Sorg dat die pH vlak 7,5 is deur die regte hoeveelheid kalk by te voeg. Kry vir jou spesiale hittebestande plastieksakke en plaas die strooimengsel hierin. Pasteuriseer die sakke en verseël dit met proppe. Daarna word die swamspore ingeënt.
    Die swamdrade sal deur die sak versprei. Sodra die sak wit van die drade is kan jy die proppe verwyder. Die sampioene sal uitgroei. Dit sal omtrent twee weke neem vir jou eerste oes en jou sak sal vir drie maande aanhou produseer.
    Klam vogtuge lug sorg vir ‘n goeie oes en spuit ook jou sakke gereeld nat met ‘n fyn sproei. Sorg ook dat die vertrek goed belig is.

  3. Die sampioen kweek klink na iets baie interesant, maar kan iemand dalk vir my sê waar mens spore kan bekom, bv ‘n website of kontak nommer. Dalk weet iemand van ‘n boek wat eenvoudig genoeg is om vir ‘n beginner bietjie meer tou wys te maak.

    1. Ek het lank terug gesien van sakke wat verkoop word wat jy kan koop en hang

Lewer kommentaar

Leave a Reply