Koeël

Die man was nog nooit so bewus van alles rondom hom nie – die voetstappe van sakemanne wat haastig oor die lughawe se vloer loop, die gekerm van hongerige kinders, die koue sweetdruppel oor sy warm gesig en die belangrike, swaar sak oor sy skouer. Hy gee die sak ´ skud, asof hy bevestiging nodig het dat dit nog steeds daar is.
Maar die man weet dis daar. Hy ken die belangrikheid van die sak – sy enigste rede vir bestaan oor die afgelope paar weke. Dit is sy lewe nou – dié sak – sy siel.
Dit hang swaar oor sy skouer – asof dit hom konstant grond toe trek. Soos hy weet dit gaan…
“Volgende” sê die dame by American Airlines. Dit neem die man so paar sekondes om te reageer:
“Jonnein Hassam. Pakistan.” sê hy bewerig en gee sy paspoort vir die dame.
Sy lees die paspoort aandagtig deur, en hy wèèt net sommer sy gaan agterkom dis vals.
“Dankie meneer. U vlug vertrek om 12:00. Beweeg asseblief na Bagasie toe.” Hassam gee ´ klein kopknikkie, en hy hoop sy sien nie al die sweet op sy voorkop raak nie.
Hy gee sy sakke vir die wagte by bagasie, en hoop dat alles volgens plan gaan verloop. Die swaar sak gaan eerste in. Die wag agter die x-straal venster se oë verrek, en kyk met afwagting na Hassam. Hassam gee die silwer aktetas vir die wag aan en die wag gee ´ effense glimlag. Hy maak dit vinnig oop om te kyk of die 2 miljoen doller daar is, en sit dit met ´ glimlag langs hom neer. Hy beduie met sy hand vir Hassam om maar deur te stap. Hassam knik en loop deur. So ver verloop alles volgens plan…

´n Uur later is Hassam besig om sy bagasie onder sy sitplek in te ruim ´ Donker Pakistaan kom staan langs hom.
“Is alles in orde?”
“Ja.” antwoord Hassam kortaf. Radhim, herken hy die man langs hom.
“Sit. Jy trek te veel aandag. En ontspan. Daar’s niks wat jou nou kan doen om jouself hier uit te kry nie.”
Hassam gaan sit, maar die stelling het alle vrees uit hom uitgedry. Dit het hom herinner aan gedagteswat hy probeer vergeet – die rede waarom hy hier is. Die gevegte wat hy geveg het om sy vrou se lewe te beskerm, sy familie… maar tevergeefs. Net twee van sy kinders sal gespaar word, indien hy doen soos hulle vir hom sê: En dus is hy hier.
Die vliegtuig styg op en vir die eerste keer in sy lewe voel Hassam naar in ´ vliegtuig. Spanning is nie goed vir sy maag nie en gewoonlik is Hassam in beheer van die vliegtuig, nie net ´ passasier nie. Alhoewel, nie meer lank nie…

Hulle vlieg oor die Atlantiese Oseaan vlieg, toe Radhim ewe skielik sê, “Dis tyd. Gee die sak aan.”
Hassam gee die sak versigtig aan, bang vir sy inhoud, maar Radhim gryp dit ongeduldig. Hulle staan op en beweeg na die stuurkajuit toe. Voor die deur pluk hulle die sak oop. Radhim ruk ´ AK-47 uit en stop dit in Hassam se hande. Hassam het al duisende keer só ´ wapen vasgehou, maar dit voel asof die gewig van die wêreld in sy hande lê. Radhim pluk self ´ handwapen uit, skroef ´ knaldemper op, en kyk vinnig na Hassam. Daarna skop hy die deur oop.
Die twee loodse kyk verskrik om, maar Radhim eindig albei se verskrikte stare met twee, gedempte skote. Hy wag nie eerrs vir die kaptein se liggaam om te val nie – skop die dooie liggaam van die stoel af en gaan sit self in die sitplek. Hy beduie vir Hassam om dieselfde te doen.
“Maak gou, Jonnein!”
Maar Hassam staan verslae – koue moord, herrinner hom net altyd aan sy vrou se moord – sy was net geskiet. Onskuldig. Geen traan is vir haar gestort nie – Die lewe moet net aangaan.
Radhim ruk vir Hassam geweldadig nader en kyk diep in sy oë.
“Luister hieso, Hassam. Ek het ook ´ familie en ek gaan nie toelaat dat jy die hele operasie opmors nie. Sit en doen jou ding!”
Hassam gaan sit, en probeer om aan niks te dink nie, behalwe op wat gedoen moet word. Hy begin die koördinate inlees. Eèn gedagte bly egter in sy kop:
Dit het begin.
Na omtrent vyf minute, staan Radhim op.
“Waarheen toe gaan jy?”
“Hey, ek het omtrent 1 uur oor om te lewe. Ek gaan net so bietjie fun hê!”
“NEE! Jy doen niks aan daardie mense nie!” skreeu Hassam, omdat hy Radhim se geweldadige agtergrond ken. Skielik ontplof Radhim, en gooi vir Hassam teen die kontrolepaneel.
“Kyk, Hassam. Ek het nie lus vir jou stories nie! Ek, jy en hierdie mense gaan binne 1 uur dood wees! ´ Dooie man het nie regte nie! En wie gaan ons aanklae? Maak vrede daarmee!”
Eers na sy uitbarsting, sien Radhim die interkom liggie raak. Die knoppie waarteen Hassam gegooi is. Eers na die tyd, het Radhim agtergekom dat sy stem uitbasuin het oor die hele vliegtuig. Hy draai vinnig om, en maak die kajuit se deur oop. Hy loer direk in die Eerste Klas in, wat hom aankyk met groot oë. Eers toe hy sy hele lyf uitbring, en die hand met die geweer sigbaar is, breek die vliegtuig uit in chaos. Mense spring uit hulle sitplekke uit, skreeu en gil. Baie begin huil, en baie begin op die vensters klap. Eers toe iemand vir Radhim storm, vuur hy sy geweer. Onmiddelik is daar stilte. Radhim skreeu
“Almal bedaar! En sit op julle plekke!”
Niks gebeur nie.
“Fine.”
Radhim lig sy geweer en skiet die naaste persoon in sy been. Die man skreeu uit in pyn, maar dit het die gewensde effek. Almal hardloop na die naaste plekke.
Radhim kyk die passasiers goed deur: ´ Klomp verskillende emosies word op gesigte uitgedruk – vrees, haat, nyd. Almal se gesigte was een van dié; behalwe een persoon: Sy glimlag van oor tot oor!
Radhim loop nader toe hy dit sien, en vra vir haar met ´ rooi gesig,
“Hoekom lag jy? Wat weet jy? Wat weet ek nie?”
Maar sy sê niks nie – sit net glimlaggend, met haar oë toe.
Radhim se woede kook in hom. Hy ruk haar op en hou sy geweer teen haar kop. ´ Paar snikke bars uit die res van die passasiers. Maar deur alles glimlag die vrou net. Hassam staan met ´ gesig vol vrees.
“Sê!!”
Niks.
Radhim trek die sneller.

Later, stap Radhim oor die dooie liggaam, en probeer om sy skoene nie in die poel bloed op die grond te smeer nie. Almal is van daardie oomblik wat die lewelose liggaam op die grond geval het, tjoepstil. Almal is in vrees – behalwe Hassam. Die vrou het hom geroer – sy lê nou nog met ´ glimlag op haar gesig. Maar dis nie dit wat hom geraak het nie – dis wat sy gesê het in haar laaste oomblik:
“Here, ek kom!”
En van daardie oomblik, sit daar een gedagte by Hassam: Dit kan nog steeds eindig. Hy kan nog steeds met net ´ paar jare tronkstraf sit. Hy kan nog steeds 500 mense red. Nou, wag hy net vir die regte oomblik.
Radhim loop weer verby hom met die volgende vrou badkamer toe. Nou is sy kans! Hassam spring op en hardloop kajuit toe.
Toe hy die kajuit se deur oop maak, sien hy iets verskriklik – die World Trade Centre staan al klaar voor hom – twee hoë torings, trots en toekoms. Hy gryp die kontroles en begin om die bestuurs stok lings draai. Maar hy hoor eweskielik ´ stem van agter.
“Ek moes geweet het jy gaan dit doen! Wel, nou is dit klaar! Jy kan niks doen nie!”
Radhim staan met die geweer gemik na Hassam se voorkop. Sy vinger trek die sneller.

Alles is stadig – Hassam kan sien hoe die koël uit die loop trek, die klein stofdeeltjies wat uitskiet. Hy sien hoe die geweer se terugskiet Radhim ´ klein rukkie gee. Die koël trek rustig deur die lug – ongeveer ´ kwart tot Hassam se kop.
Wit.
Hassam sien hoe hy op sy knieë gaan en vir ´ beeldskone vra om te trou. Trane loop oor haar gesig terwyl sy knik. ´ Jaar later sit hy lanks haar in die hospitaal terwyl hy haar hand styf vashou.
Terug in die kajuit. Die koël is halfpad.
Wit.
Hassam sit op ´ stoel agter in ´ gehoor, en huil saggies terwyl sy seun die sertifikaat van die professor vat. Hy staan by ´ spierwit troue, en haal sy hand van sy dogter se arm af, soos hy haar vir haar verloofde gee. Die trane raak sy kraag.
Driekwart.
Wit.
Hy sien die bloed wat saggies vorm op sy vrou se voorkop. Die strok gesigte van soldate wat rond hom staan is geen troos. Hy spring regop en skreeu vir iemand of iets uit.
´ Pyn begin in Hassam se voorkop, en dryf deur tot agter. Dit is die ergste pyn wat hy in sy hele lewe gevoel het! Eweskielik is alle gevoel weg.
Hassam onthou een ding – ´ glimlag, op ´ vrou wat besig is om dood te gaan. Toe besef Hassam daar is een ding wat hy mis in sy lewe. Hy maak sy mond oop, en skreeu
“Here, red my!”

Die vliegtuig vlieg in die gebou vas, en ´ groot ontploffing ruk die wêreld. Hassam weet nie waar hy is dat hy dit sien nie, maar hy weet hoe sy gesig lyk – trane loop oor sy glimlaggende gesig. Hy draai om, en stap saam met 499 mense in die hekke van die Hemel in.

skrywer: Jurgens de Lange

Lewer kommentaar

Leave a Reply