Apium graveolens
Voor jy seldery plant moet jy weet dat dit nie maklik is om te kweek nie en baie aandag nodig het.
Die eerste belangrike punt van seldery is dat dit net aard in koel en klam toestande. Verder moet die grond baie voedingstowwe bevat. Werk groot hoeveelhede mis of kompos in arm grond saam met 120 g 2:3:2 per m². Vrugbare grond wat semi-permanent nat is, is perfek vir seldery.
Wanneer dit by oes kom, moet die plante liefs met ’n tuinvurk uitgelig word. Die wortels word agterna afgesny. Moenie die plant te lank in die grond los in warm weer nie, die stele word draderig.
