Monarda didyma
Byebalsem is meer bekend as Bergamot. Dit is ‘n meerjarige plant wat uit lopers groei.
Begin met ‘n gesonde plant wat jy by jou kwekery kry. Plant dit in die son of halfskaduwee in ligte grond waarby beenmeel gevoeg is. Die plant groei ook maklik in potte.
Die plant word omtrent 60 cm hoog. In die middel van die somer verskyn die blomme; kleure wissel van die kenmerkende helderrooi tot pienk en selfs ligpers.
Aan die einde van die somer is dit goed om die plant terug te sny tot naby aan die grond.
(foto Wolfgang Wallner)

