Dille

Anethum graveolens

Dille moet eerder gesaai word, want dit plant nie lekker oor nie. Jy kan enige tyd van die jaar saai, behalwe in die winter. Moet dit nie naby karwei of engelkruid saai nie.

Die grond moet goed gedreineer wees en dit sal in halfskadu groei.

Dille is ’n jaarplant wat 60 cm hoog word. Dit het veeragtige, groen blare en fyn geel blommetjies. Die saad is plat, ligbruin en ovaal.

foto:[GFDL (http://www.gnu.org/copyleft/fdl.html) of CC-BY-SA-3.0 (www.creativecommons.org/licenses/by-sa/3.0/)], by Wikimedia Commons

Lewer kommentaar

Leave a Reply