Helichrysum petiolare
Kooigoed is inheems aan Suid-Afrika. Behalwe die kerriegeur wat dit aan kos verskaf en die gebruik in potpourri is dit ook ’n aantreklike tuinplant en selfs ’n lae heining. Dit word omtrent 45 cm hoog.
Dit is ook geskik vir ’n houer.
Kooigoed sal in meeste grondsoorte aard, maar dit moet goed gedreineer wees. Jy kan in die lente begin met ’n steggie. Plant dit in ’n sonnige deel van jou tuin.
Snoei die plant terug wanneer dit geblom het, anders raak dit baie houtagtig.
