Peperwortel (Horseradish)

Armoracia rusticana

Peperwortel is ‘n meerjarige plant. Maak vir jou steggies van so 12 cm met blare aan. Plant dit in sanderige grond waarby jy beenmeel gevoeg het. Sorg dat dit in die son staan.

Peperwortel wil gereeld water hê. Die plant kan ook sterf indien dit te koud raak.

Breek die blomkoppe af indien dit verskyn. Dit neem onnodig voedsel weg van die plant en die sade is gewoonlik steriel.

Lewer kommentaar

Leave a Reply