Symphytum officinale
Plant smeerwortel weg van ander plante. Dit versprei maklik en is dan moeilik om te beheer.
Smeerwortel verkies grond met baie kompos, maar effens suur.
Die meerjarige plant word tot 70 cm hoog as dit in die son staan. Dit kan ook in halfskadu geplant word.
Sny dit af wanneer dit begin blom en dit sal baie mooi bly groei. In die winter sterf dit terug.

