Meeldou kom gewoonlik voor waar plante te min son kry. Indien jou plant baie erg aangetas is moet die aangetaste dele afgesny en vernietig word.
Gebruik die volgende tuisgemaakte middel vir meeldou:
Maak drie ongeskilde knoffelhuisies fyn in ‘n voedselverwerker. Meng dit met 90 ml aptekersparaffien. Bedek en laat dit vir ‘n dag lank staan.
Meng 15 ml gerasperde kombuisseep met 500 ml warm water.
Meng nou al die bestandele saam en laat staan tot dit afgekoel is. Syg in ‘n glasfles en bewaar in die yskas.
30 ml van die mengsel word met 2 liter water gemeng vir ‘n spuitstof vir plante.
Dit werk ook teen ruspes.
