Verskillende maniere om van onkruid ontslae te raak:
- Indien jy sukkel met grondpatogene wat saailinge laat verwelk kan jy ‘n ontsmettingsmiddel soos Jeyes Fluid met water verdun en op die grond gooi. Laat die grond braak lê vir een seisoen.
- Indien jy ’n groot area met onkruid het, bedek dit met ’n seil en wag tot al die plante gevrek het. Dit is dan maklik om die dooie onkruid op te hark.
- Gooi kookwater op onkruid in plaveisel.
- Oor die algemeen hou onkruid nie van suurlemoensap nie. Gooi suurlemoensap oor jou onkruid en kyk wat gebeur.
- Wit asyn is ook ’n onkruiddoder. Sproei asyn oor die onkruid.
Daar is twee reëls vir onkruid wat jy altyd moet nakom:
1) Trek dit uit sodra dit verskyn.
2) Indien reël 1 nie nagekom kan word nie, verwyder alle onkruid se blomme voor hulle saad maak.
Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
