Plantluise hou nie van kappertjies nie. Laat week twee handevol kappertjieblare in 500ml kookwater vir 15 minute. Gebruik 10 druppels van die aftreksel saam met 1 liter water om jou eie spuitstof teen plantluise te maak. Jy kan ook kappertjies by ander plante kweek om plantluise weg te hou.
Spuit plantluise met ‘n mengsel van 2 liter water en 10 ml opwasmiddel.
Kook ‘n hele bol knoffel in water tot dit sag is. Gooi in vyf liter water en meng met 1 lepel bioafbreekbare opwasmiddel. Laat dit vir een dag staan. Gebruik op potplante of huisplante en alle ongediertes sal verdwyn!
Spuit ‘n mengsel van 2 eetlepels rooipeper, 6 druppels opwasmiddel en 4 liter water op jou kool om peste weg te hou.
Beheer plantluise en vrugtevlieë met aweruit. Aweruit werk veral goed vir die beheer van plantluise op koolsoorte.
Plant kappertjies naby koolsoorte, dit hou die plantluise weg van die kool.
Tamatieblare kan van hulp wees in jou tuin. Dit verdryf plantluise en sommige wurms en motte. Kap genoeg blare fyn om 2 koppies te vul. Week die fyn gekapte blare oornag in water. Gooi die mengsel deur ’n sif en meng die vloeistof met 2 koppies water. Spuit jou plante met die mengsel. Wees versigtig met die vloeistof, tamatieblare kan giftig wees.
Plant kruisement op plekke waar jy plantluise wil weghou.
Plant brandnetels op plekke waar jy plantluise wil beheer.
Diegene wat chemiese gifdoders wil gebruik kanMetasystox of Malasol oorweeg. Malasol word eers verdun met 2 – 3 dele water en deeglik geroer. Voeg daarna 12,5 ml van hierdie mengsel by 10 liter water. Dien ‘n volle dekbespuiting toe wanneer die plaag verskyn en herhaal indien nodig.
Glo nie tamatieblaar storie. By my baljaar die insekte en ander goggas op die tamatie blare.
Sal die Malosol werk vir my Kiepersol boom?
Malasol werk ook nie