Ruspes

Maak drie ongeskilde knoffelhuisies fyn in ‘n voedselverwerker. Meng dit met 90 ml aptekersparaffien. Bedek en laat dit vir ‘n dag lank staan.
Meng 15 ml gerasperde kombuisseep met 500 ml warm water.
Meng nou al die bestandele saam en laat staan tot dit afgekoel is. Syg in ‘n glasfles en bewaar in die yskas.

30 ml van die mengsel word met 2 liter water gemeng vir ‘n spuitstof vir plante.

Tamatieblare kan van hulp wees in jou tuin. Dit verdryf myte en sommige wurms en motte.

Kap genoeg blare fyn om 2 koppies te vul. Week die fyn gekapte blare oornag in water. Gooi die mengsel deur ’n sig en meng die vloeistof met 2 koppies water. Spuit jou plante met die mengsel.

Wees versigtig met die vloeistof, tamatieblare kan giftig wees.

Sluit aan by die Gesprek

3 Kommentare

  1. Hi daar,

    Help asb.

    Ek het 4000m2 onder kukiu gras geplant in Okt 2008 met sooie.

    In Des 2008 het die groen en bruin ruspes hul opwagting gemaak en my gras amper vernietig.

    Na so bietjie navorsing het ek eers met ‘n handsproei ‘n Baygon produk vir ruspes gespuit.

    Die reën van Desember hier in Pretoria het ons poging “gevoid”.

    ‘n Week daarna het ek 4:1:1 kunsmis met karbaspray aangewend. Dit het my gras onmiddelik geboost en gelyk asof die wurms vrek.

    Nou in Januarie 2009 lyk dit asof die ruspes terug is, alhoewel die kunsmis nog nie eers alles gesmelt is nie.

    Die wurms kom slegs uit wanneer ons natmaak wat 4 x per dag is.

    Ek het besproeiing op die area wat uit ‘n 10 000 liter tenk gevoed word. Ek is op soek na ‘n gifstof wat ons sommer in die tenk kan vermeng en via normale besproeiing kan aanwend. Die plaaslike verskaffers van karbaspray/karbadust vertel my dat ek slegs verpakkings van 500g daarvan kan kry. (Blykbaar genoeg vir sowat 110liter water en 1500m2) Die besproeiingstelsel kan nie met so min water werk nie en ek wil nie dit te veel verdun nie.

    Voorstelle en wenke welkom asseblief!

Lewer kommentaar

Leave a Reply