Jy kan eierdoppe gebruik om slakke en snywurms te bestry.
Sommige mense kla dat die raad nie werk nie, maar dit is omdat hulle die doppe, net so uit die kombuis, in stukke breek en om die plante gooi. Dit werk beslis nie.
Droog eers die doppe en maal dit fyn voor jy dit om jou plante se stingels strooi.
Gooi ‘n laag eikeblare om plante waar snywurms ‘n probleem is.
