Gestreepte dracaena

Dracaena deremensis

Die gestreepte dracaena is ’n loofplant wat tot 5 m hoog raak. Dit is ’n goeie huisplant, maar sal nie binnenshuis so hoog raak nie. Die perfekte plek is binne die huis, in direkte sonlig.

Hou die grond klam en sproei gereeld met ’n fyn sproei lou water. Die punte van die blare sal bruin verkleur indien dit nie genoeg water kry nie.

Die immergroen plant kry sy naam van die prominente wit streep op die groen blaar.

Navorsing deur NASA het bevind dat hierdie een van die beste plante is om binnenshuis te hou om skadelike stowwe uit die lug te verwyder.

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Leave a Reply