Die madeliefiebos is ‘n meerjarige struik wat 2 m hoog en net so wyd raak. Die struik dra groot getalle blomme wat in ‘n verskeidenheid kleure te kry is. Die blomme verskyn in die laatwinter en lente.
Die plante groei omtrent in enige grond. Met goeie dreinering, kompos, beenmeel en 3:1:5 sal hulle egter vir mooi blomme sorg.
Madeliefiebosse se dooie blomkoppe moet gereeld afgesny word. Dit stimuleer die groei van nuwe blomme.

