In Suid-Afrika word die nooienshaarvaring meesal binnenshuis of in hangmandjies gekweek.
Die varing hou van baie water en volson.
Indien jy ‘n enige varing in ‘n pot wil plant meng jy ‘n kommersiële potgrondmengsel om die helfte met ryk kompos. Sit die pot op ‘n potpiering vol fyn gruisklip wat altyd vol water gehou word.
Adiantum raddianum is die nooienshaarvaring wat gereeld deur bloemiste gebruik word. Adiantum cappillus is effens kleiner.
WENKE
* Sit ‘n voorbehoedpil in jou varing se pot om dit weliger te laat groei.
* 1 teelepel brandspiritus opgelos in ´n koppie water laat jou varings goed groei.
(foto Adiantum raddianum)