Prunus armeniaca
Behalwe dat dit vrugte verskaf is appelkoosbome ook goeie skadubome en verskaf die bloeisels ‘n mooi skouspel.
Die bome moet in diep, vrugbare grond wat maklik dreineer geplant word.
Tydens droogte moet die boom ten minste elke 3 weke goed natgemaak word. Wanneer die boom begin bot kan jy dit elke week water gee.
Met die boom se eerste somer kan jy dit 250 g KAN ge in ‘n 1 meter sirkel om die boom. Die tweede seisoen kry dit 750 g 2:3:2 in ‘n nog wyer sirkel. Dan weer 500 g KAN na elke oes. Die derde seisoen kry dit 1,5 kg 2:3:2 in die lente en die somer, toegedien net buite die takke se druplyn. Van hier gee jy dit elke lente en somer 25 g meer, tot op 5 jaar.
Die boom kan gesnoei, of ten minste uitgedun word , in die winter in somerreënvalgebiede en in die herfs in winterreënvalgebiede.
(foto Karunakar Rayker)