Malus pumila
Appels hou van koue areas. Die tipe grond maak nie soseer saak nie, dit moet net goed dreineer. Plant die bome soos voorgestel vir alle vrugtebome.
Jong bome moet gereeld natgemaak word, om hulle goed te vestig. Wanneer die boom bloeisels of vrugte dra moet dit ten minste elke week natgemaak word.
In die boom se eerste en tweede somer moet dit 250 g KAN kry. In die tweede lente moet dit ook 750 g 2:3:2 kry, 1,5 kg 2:3:2 die jaar daarna, 1,75 kg 2:3:2 die vierde jaar en 2 kg die vyfde jaar. Die derde jaar moet daar ook begin word met 1, 5 kg 3:1:5 en in dieselfde mate as die 2:3:2 vermeerder elke jaar. 500 g Engelse sout moet ook elke lente toegedien word.
Dit is belangrike om die boom te snoei wanneer dit vrugte dra, om te sorg dat dit nie te veel vrugte het wat meeding vir voeding nie.
Na vyf jaar moet jy die grond laat ontleed indien die boom dalk nie so goed dra soos vorige jare nie.