Koejawels

Psidium guajava

Jy kan koejawels enige plek plant, solank die winters net nie te erg is nie. Hulle groei in enige tipe grond, solank dit net goed dreineer.

Berei die bome se gate voor soos vir ander vrugtebome. Nadat die boom geplant is, moet dit ‘n deklaag kompos kry.

Snoei die bome in April en Oktober en gee dit direk daarna 3:1:5. Begin met 250 g op ‘n slag in die eerste jaar en vermeerder dit tot maksimum 2 kg teen die tyd wat die bome 4 jaar oud is. Strooi dit oor die wortelarea. Begin 15 cm weg van die stam, maar nie vêrder as die takke se druplyn nie.

(foto: Forest & Kim Starr)

Sluit aan by die Gesprek

9 Kommentare

  1. Ek soek dringend na een of twee boompies, ons bly in die Vrystaat Boer met voels en plant vrugtebome sodat hulle vrugte kan eet

  2. My bome groei goed van saad en vat tot 8 weke om op te kom,Het 2 bome,peer vormig en groot rond,gee April en in Oktober 8.1.5,spuit teen vrugtevlieg elke 10 dae en maak bome met skadunet net voor dit verkleur.

Lewer kommentaar

Leave a Reply