Pere

Pyrus communis

Jan van Riebeeck was die eerste om pere in Suid-Afrika te plant, een van die min vrugte wat destyds suksesvol aan die Kaap gegroei het.

Pere hou van baie koue winters en matige somers. Wat die grond betref maak dit nie saak nie. Hulle groei in enige grond, maar sanderige grond moet mis of kompos kry.

Plant peerbome soos ander vrugtebome.

In die boom se eerste en tweede somer moet dit 250 g KAN kry. In die tweede lente moet dit ook 750 g 2:3:2 kry, 1,5 kg 2:3:2 die jaar daarna, 1,75 kg 2:3:2 die vierde jaar en 2 kg die vyfde jaar. Die derde jaar moet daar ook begin word met 1, 5 kg 3:1:5 en in dieselfde mate as die 2:3:2 vermeerder elke jaar. 500 g Engelse sout moet ook elke lente toegedien word. Pere reageer ook goed met ‘n byvoeging van vloeibare seewier.

Dit is belangrike om die boom te snoei wanneer dit vrugte dra, om te sorg dat dit nie te veel vrugte het wat meeding vir voeding nie.

Lewer kommentaar

Leave a Reply