Perskes

Daar is verskillende perskes, almal gewild weens hul heerlike geur en omdat hulle oor so ‘n lang tydperk dra.

Die ideale klimaat is ‘n warm somer en koue winter. Indien die winter nie koud genoeg is nie is die bome traag om te bot. Indien jy nie in ‘n ideale gebied woon nie moet jy kultivars plant wat nie ‘n baie koue winter nodig het nie.

Jou grond moet goed dreineer. Perskebome sal doodgaan as die grond deurweek bly.

Wanneer jou bome begin bot en wanneer hulle begin vrugte vorm moet hulle een keer per week goed natgemaak word.

Perskes dra op nuwe hout wat die vorige seisoen begin groei het. Die nuwe lote word spiraalgewys om die takke gesnoei en die oorblywende lote word een derde korter gesny. Die vrugte moet normaalweg uitgedun word, want die bome dra te veel vrugte. Doen dit twee keer. Een keer wanneer die vrugte so groot soos albasters is en weer net voor die pitte hard word. Daar moet net elke 12cm op die tak ‘n vrug wees. Verwyder eerder te veel as te min vrugte.

Vrugtevlieg is jou grootste kopseer met perskes. Begin spuit wanneer jy die eerste keer vrugte verwyder en herhaal elke 14 dae tot die vrugte van die boom is. Lees die dokumentasie van jou spuitstof vir verdere instruksies. Hang ook lokaas in die bome vir die vrugtevlieg. Maak die lokaas bietjie meer aantreklik deur brouersgis by te voeg. Die spuitstof vir vrugtevlieë werk gewoonlik ook vir kodlingmot. Spuit met kalkswael vir dopluis.

Indien krulblaar ‘n probleem in jou area is moet jy twee keer kalkswael spuit in die winter en een keer met ‘n koperspuitmiddel wanneer die knoppe begin vorm.

Sluit aan by die Gesprek

7 Kommentare

  1. Ek wil net weet! Ek het nou die volgende bome by ons plaaslike kwekery gekoop en wil net bietjie meer hieroor uitvind:Elberta,oom sarel perskeboom, royal appelkoosboom, nectarine Mayglow, geel pruim fortune, prof neetling! Ek sal net graag wil weet wanner dra die bome en wanner kan ek dit plant?

  2. Ons oom sarel perskeboom lyk of hy wil doodgaan Die blare hang asook 'n onkruid naby die boom. Ons het einde Aug kalkswael gespuit en ek gee engelsesout en multisol 'K' vir voeding. Wat kan fout wees?

  3. My oom Sarel perskeboom is deur weerlig raak geslaan.Ons het hom uitgehaal en weer een bestel van n bekende kwekery.Dit is nou al die tweede seisoen gwees wat daar hier en daar n blom verskyn en vruggie afval.

  4. ek het twee jaar gelede necterene geplant 4 perskes gedra en nog nooit weer eens n blommetjie gekry Wat is fout wat moet ek doen asb.

  5. Ek het mt perskeboom gesnoei toe ek sien daae kom bloeisels uit en al die klein takkies. Dit was begin August sal hy vrugte dra die jaar

Lewer kommentaar

Leave a Reply