Die skoot laag deur

‘n Orgasme is omtrent gewaarborg vir elke vrou. Keer op keer op keer.
Of so sê hulle.

Is jy ‘n vrou? Laat die woord orgasme jou dink aan ‘n verafgeleë, idilliese eiland waar jy selde voet aan wal sit? Dan is die G-skoot (G-shot of orgasm jab) dalk net die ding vir jou. Volgens die verskaffers werk dit vir 87% van alle vrouens.

Die G-skoot is ‘n kollageeninspuiting direk in die G-kol. Ja, iemand druk ‘n vlymskerp naald in jou G-kol. As dit nie reaksie uit jou kry nie sal niks nie. Maar wees nie bevrees nie. Daar is wel verdowingsmiddels betrokke. Dis nou as jy wil hê.

Hierdie inspuiting maak jou G-kol meer sensitief. En wyer! En hoër! Dit staan meer as ‘n halwe sentimeter uit. ‘n Vulkaan! Selfs mans sal dit kan vind.

Jy sal vier ure moet wag na die inspuiting voor jy seks het, maar dan kan jy jou voorberei vir die mees intense orgasme wat jy al ooit gehad het.

Hoop en bid net jy is nie in die minderheid wat newe-effekte ervaar nie. Dit sluit in swelling, intense jeuk en selfs bloeding. Die inspuiting hou ook net vir vier maande.

Die G-skoot is al ‘n tyd lank in die VSA beskikbaar, maar het eers vanjaar die Britse eilande bereik. Die slegte nuus is dat dit nog nie in Suid-Afrika beskikbaar is nie. Jy sal moet belê in ‘n vliegtuigkaartjie Europa toe elke vier maande en dan nog sowat R12 000 moet opdok per inspuiting.

Klink die moeite werd!

(adsbygoogle = window.adsbygoogle || []).push({});

Lewer kommentaar

Leave a Reply