Avokado’s is seksprikkelend

Deskundiges meen dit is die avokado se groot hoeveelheid vitamien E wat ´n persoon se seksdrange aanwakker.

Reeds in die 17de eeu is geskryf dat die vrug jou liggaam versterk en meer krag gee.

Die olie van die avokado is van die duurste. Dit vorm ´n goeie basis vir skoonheidsroom, wasmiddels en maseerolies.

Die olie word ook gebruik as medisyne vir maagaandoenings. In teenstellings met ander olies kan dit onbepaald bewaar word en sal dit nie waarde verloor nie.

Die vrug kom van Suid-Amerika af. Spaanse reisigers het vasgestel dat die inwoners van die vasteland die olie van die vrug gebruik om hul velle teen die wind te beskerm en om hul hare te laat groei.

Tot op hede is daar geen werklike bewys dat die vrug seksprikkelend is nie, hoewel dit vas geglo word onder verskeie gemeenskappe in die Amerika´s.

(adsbygoogle = window.adsbygoogle || []).push({});

Lewer kommentaar

Leave a Reply