The Time Traveler’s Wife

 

As jy dit wil waag op die gebied van wetenskapsfiksie, moet jy weet wat jy doen.

 

Die wetenskapfiksie wil dit hê dat die storielyn ‘n mate geloofwaardigheid besit, iets wat afgelei kan word uit alles wat aangebied word, maak nie saak hoe vergesog die spul mag voorkom nie. The Time Traveler’s Wife ignoreer alles ter wille van romanse.

Wetenskapfiksie word gebruik om die ruimtes tussen goedkoop sentimentele tonele te vul. Boonop is die spesiale effekte so swak dat dit die film soos ‘n patetiese YouTube-produksie laat lyk.

Eric Bana speel die rol van ‘n man met ‘n nare genetiese aandoening, hy reis deur tyd, sonder waarskuwing. Dit maak natuurlik die getroude lewe ‘n probleem, as jy so na willekeur kom en gaan.

Eric Bana en Rachel McAdams doen die beste van ‘n slegte saak en maak ten minste die romanse aandoenlik. Daar is ‘n goeie dosis hiervan, maar ongelukkig stink die res van die storielyn.

Wag maar eerder vir die DVD, dan kan jy meer gemaklik aan die slaap raak.

Regisseur: Robert Schwentke
Met: Rachel McAdams, Eric Bana & Ron Livingston

2 / 5

28 September 2009

(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)

The Time Traveler’s Wife
The Time Traveler’s Wife

Lewer kommentaar

Leave a Reply