Iemand sê die ander dag vir my dat al wat vir my sal help is ´n chastity belt. Ek weet nou nog nie wat sy daarmee bedoel het nie. Dit het my wel laat wonder of mens vandag nog iets kry soos ´n kuisheidsgordel. Was ek nou verbaas na ´n paar uur se rondsnuffel om te vind dat jy nog steeds kuisheidsgordels kry en dat dit besig is om vreeslik gewild te raak.
Kuisheidsgordels het ´n paar honderd jaar gelede gewild geraak toe adelikes hul vrouens begin toesluit het as hulle vir ´n tydjie weg van die huis moes wees. Snaaks genoeg is die prentjie vandag net mooi omgekeer en jy sal eerder vind dat dit mans is wat toegesluit word.
Die kuisheidsgordel het ook ´n speelding geraak. Bedmaats sluit mekaar toe in werkstyd, maar sorg dat ´n telefoonoproep of twee die een agter slot en grendel opgewonde hou.
Sluit jou maat gerus toe, versteek die sleutel en sorg dat hy of sy seksueel opgewek word. Kan heel interessant raak.
Pryse vir ´n goeie kuisheidsgordel wissel vanaf R720 tot R1600.
skrywer: Ben Brand
