Masturbasie ‘n probleem

Amanda skryf:
“Aan al die vroue daar buite. Masturbasie is baie belangrik vir jou liggaa, gees en siel. Al voel dit asof jy ‘n verhouding het met jouself, maak dit nie saak nie. Ek is ‘n vrou van 34 (17 daarvan getroud) en geniet elke oomblik daarvan. Ek maak elke dag ‘n afspraak met myself, soms tot vyf keer per dag. Ek het geen behoefte om dit te deel nie en my man weet nie wat ek wil hê nie. Ek weet waar daai spesiale plekkie is wat ek moet bevredig of moet aanraak. Ek bevredig myself en voel goed daarna. In my ondervinding is daar min mans wat eers die vrou beveredig. Vat aan jouself en geniet dit.”

Anoniem skryf:
“Ek is ‘n getroude vrou – 40 jaar jonk. My probleem is dat ek verslaaf is aan vinger (masturbasie). Selfs in die motor terwyl ek vir die kinders by die skool wag, in publieke toilette en sommer oral waar ek die gier kry. Ek masturbeer minstens 20 keer per dag. My probleem is nou die volgende: ek moet binnekort ‘n ginekoloog gaan sien vir ‘n gewone roetine-ondersoek. Is daar enigsins ‘n manier hoe hy aan die vorm van my vagina of klitoris kan sien dat ek masturbeer? Ek wil myself die verleentheid spaar. Ek het my middelvinger is onafskeidbaar. Laat weet asseblief of daar ‘n manier is of die dokter kan sien dat ek masturbeer. Neem die klitoris nie ‘n ander vorm aan nie?”
Marthie van Zyl:
Ontspan, NIEMAND kan sien hoeveel keer en OF jy ooit masturbeer nie.

Sukkelende masturbeerder skryf:
“Ek sit met ‘n verskriklike probleem. Ek is so twee jaar gelede medies ongeskik verklaar agv ‘n grusame ongeluk waarin my een arm geamputeer is. Die probleem kom nou in, ek sit met ‘n linker-arm wat spasties is en dit veroorsaak dat wanneer ek met my knewel wil speel, dit allerhande stuiftrekkings kry. Ek het gehoor dat daar van die sekshulpmiddels is wat met masturbasie help vir gestremdes. Kan iemand my help asb…. Ek is ook maar nog man, al is die arms weg…. en boonop is ek ongetroud en ek sweer was ek nie so vet nie, sou ek wragtig my voete probeer het.”
Marthie van Zyl:
Ja, daar is hulpmiddels vir mense met dieselfde probleem as joune. Ek dra ongelukkig nie kennis van waar presies jy daardie tipe hulpmiddels kan bekom nie, maar dat jy sal reg kom by een of ander sex shop of deur middel van die internet, betwyfel ek glad nie. Indien jy skaam of verleë voel om van winkel tot winkel n soektog op tou te sit, skakel hulle, meeste van die mense wat daar werk is baie diskreet, en sal jou met graagte help of verwys na die regte plek.

Vurige Vroutjie skryf:
“Hi daar Ben….
Ek het nou so pas op jou briewekolom afgekom en is baie bly om te sien dat daar iemand is wat hierdie vrae so direk kan antwoord…. my vraag is:
Oor masturbasie in die huwelik…. Ek is 9 jaar getroud, het ‘n redelike goeie sekslewe, maar ek wil baie gereeld myself bevoel en bevat en myself bevredig veral nadat ek klaar gebad het. Dit is veral vir my lekker om myself in die spieël te sien. Maar nou is my vraag dit: Hoekom voel ek so verskriklik skuldig en vuil na die tyd en voel dit asof ek gestraf gaan word oor wat ek gedoen het? Ek is 30 jaar oud, 2 kinders en is ook ‘n toegewyde Christen…. is dit verkeerd in die Bybel en veral in die Here se oë? Ek fantaseer NIE oor ander mans nie, net oor mense in verskillende posisies van seks en ook oor vroue wat seks met mekaar het…. help asseblief Ben, want ek moet weet of wat ek partykeer doen verkeerd is of nie? My man weet nie hiervan nie…”
Ben:
Nee Vroutjie, na my mening is dit nie verkeerd nie. Jy moet my onderstaande antwoord aan Ou vrou lees.
Ou Vrou skryf:
“Ek wil weer graag jou opinie oor masturbasie hoor. Miskien kan jy vir my sê waarom mense, en veral vrouens so skuldig voel nadat hulle hulself bevredig het. Ek het as jong meisie of selfs jong getroude vrou net nooit gedink ek sal dit doen nie, omdat ek gedink het dat dit verskriklik verkeerd is. Ek is nou in ´n liefdevolle verhouding en het eintlik ´n wonderlike sekslewe en is ook al oor 50. Ek hou tog nou daarvan om dit partykeer te doen. Dit laat my egter baie skuldig voel en voel of ek my man verneuk (met myself?).
Is ek verkeerd om skuldig te voel of is ek verkeerd om te masturbeer?”
Ben:
Op ´n vreemde manier sluit jou vraag aan by die vorige een hieronder en jy moet my antwoord daar ook lees. Lees ook wat ek elders geskryf het oor Masturbasie.
Hoekom voel mense skuldig as hulle masturbeer? Sosialisering as jy my vra. Seksualiteit is vroeër uit ons opvoeding en gesprekke gehou. Verkenning van jou seksualiteit was so goed soos jy slaap saam met ´n kommunis. Te oordeel aan al die hate mail wat ek kry van diegene wat glo mens mag steeds nie die onderwerp bespreek nie bly dit altyd vir my ´n openbaring as ´n ouer Suid-Afrikaner erken hulle masturbeer.
Miskien is daar nie genoeg liefdevolle verhoudings soos joune waarin mense kan tuisvoel met hul seksualiteit nie. Die feit dat jy begin masturbeer het mag dalk net ´n teken wees dat jy seksuele volwassenheid bereik het. Indien dit enige refleksie is op jou maat dan moet dit ´n positief van aard wees. Moet jouself nou nie weer met nuwe skuldgevoelens belaai nie. Jy is beslis nie verkeerd as jy masturbeer nie.

Ek het die volgende vraag ontvang:
“Sjoe, dit wat ek wil vra is baie persoonlike maar ek wil graag weet.
Wel ek glo, of ek hoop, dit is genoeg seks wat ek vir my man gee, ons is 13 jaar getroud. Ek gee hom soms twee keer ´n week seks maar hy kry dit altyd een keer ´n week. Ek moet net noem dat ek gee dit vir hom, of ek lus voel of nie. En nog steeds sal hy hom self bevreedig elke oggend of soms party aande. Soms as ons die aand seks gehad het dan doen hy dit ook die volgende oggend ook. Ek het hom al gevra of ek nie genoeg is nie. Hy het gesê ek is en ek doen dit baie lekker en ek maak hom soms mal, of soos hy sê jags. En as hy dit doen en ek vang of sien hom en dan sê hy nee hy doen dit nie ek verbeel my. Soms gee ek nie om as hy dit doen nie, veral as ons nie seks gehad het nie. Dan is dit okay met my maar dit pla veral as ek die aand vir hom seks gegee het en die oggend bevredig hy homself. Wat is die probleem wat kan ek doen dat hy dit nie meer nodig het om te doen nie?
Dankie”
– Naamloos
Ben:
Naamloos,
dit is nie ongewoon vir mans om so op te tree nie. Dit is nie as gevolg van enige tekortkoming aan jou kant nie, maar as gevolg van die geslag se hormonale samestelling.
As ek nou julle ouderdom moet skat en ek dink aan navorsing wat gedoen is oor die weeklikse sekssessies vir julle ouderdomsgroep dan lyk dit vir my normaal.
Jy skop sy hormone dalk so goed aan die gang dat sy liggaam voel daar moet nog saad gestort word. Of jou man het bloot ´n hoër seksdrang as jy. Al wat jou man doen is om van hierdie drang ontslae te raak.
Daar is wel gevalle dat ´n persoon ´n abnormale hoë seksdrang het. Maar ek sou nie kon sê of jou man daardie probleem het nie. Ek moet ook dalk net byvoeg dat die idee van te veel masturbasie deur sommige kundiges as ´n mite uitgemaak word. Masturbasie help om stres te verlig.

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

  1. DAAI NAAMLOSE TANNIE WAT HAAR MAN VANG MET HOMSELF SPEEL. SE ASSEBLIEF HOE OUD JY IS . ASJY 70 IS KAN EK VERSTAAN ,MAAR AS JY IN JOU 40'S IS DAN MOET JY LEWE KRY ,WANT 2 KEER N WEEK IS SOOS HOEVEEL KOS DIE VROUENS IN KONSENTRASIEKAMPE GEKRY HET , DIT IS SEKS HONGERSNOOD , EN EK SAL NOOIT IN SO VERHOUDING DEUG NIE , TWEE KEER IS WAT EK HAAR ELKE OGGEND GEE , VOOR WERK NOG , JULLE HET DUIDELIK BELANGSTELLING VERLOOR SOOS DIT VIR MY KLINK , EK SAL VIR DIE OOM SE HY MOET MAAR N ENGELSE POPPIE AANTREE REGTIG , MENSE IN ROLSTOELE DOEN MEER AS DIT

Lewer kommentaar

Leave a Reply