Na Sê jy ek’s dik, het die melktert wél die koekroller getref en die dames sing steeds voort. Vandaar dan die nuwe baksel uit die VetPret Produksies-kabaretkookboek.
In Sê jy ek’s dik 2 kry die vetkoeke nóg ’n olielaag en is die vertoning gestop met die lief en leed van die groter vrou.
Susan en Amanda kry in hierdie produksie kans om hul harte in liefde te doop in ’n realiteitsprogram genaamd Afrikaan soek sy Swaan.
Met: Marika van Heerden, Yolandé Rabé en Frieda van den Heever (pianis).
Teks: Marteni Burger
Vervaardiger: VetPret Produksies
60 minute
R80
Hoërskool Hermanus, Hermanus
Sa. 10 Aug. 20:00