Begonia dregei
Hierdie genus het meer as ‘n 1 000 soorte, wat al meer as 10 000 verskillende erkende hibriede opgelewer het. Hulle is inheems aan verskeie kontinente. Begonia dregei is inheems aan die subtropiese bosse van Mpumalanga, KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap.
Hierdie spesifieke begonia is ‘n baie mooi loofplant. Die plant is gesog vir die asimmetriese blinkgroen blare met persrooi are. In die somer verskyn die delikate wit / pienk blomme met ‘n geel kern.
Hierdie plant moet baie water kry en in half-skadu staan. Direkte son kan die blare beskadig. In die winter moet die water verminder word.
Dit is perfek vir binnenshuis. Plant dit in ‘n mengsel van 60% boombas, 40% kompos en ‘n hand vol bemestingstof. Dit word sowat 300 mm hoog.
Let asseblief daarop dat hierdie plant ‘n bedreigde spesie is.
Lewer kommentaar