Gebruik verf vir Mandela-dag

By die St Stithians Kollege in Johannesburg gaan hulle Mandela-dag (18 Julie) verder neem op 20 Julie.

Vir R250 kan jy ‘n A3-skilderdoek en verf kry en kreatief raak saam met familie en vriende. Jy hoef nie ‘n Picasso te wees nie, spat sommer jou doek vol verf alla Jackson Pollock.

Daar is twee sessies die dag, een wat 9h00 die oggend begin en een 13h00 die middag. DJ Ultramel gaan musiek maak en Boss gaan sorg dat niemand dors raak nie.

Die dag se opbrengs gaan aan Starfish geskenk word. Dié organisasie onderhou tans 22 000 hulpbehoewende kinders.

Kaartjies is beskikbaar by Webtickets.

Verf vir Mandela-dag
Verf vir Mandela-dag

Lewer kommentaar

Leave a Reply