Veelvuldige orgasmes

Poplap skryf:
“Ek was 25 jaar getroud, en het een keer gekom, ek is ‘n dame van 47, en is nou een jaar geskei. Het nog nooit seks met iemand anders gehad behalwe my eks. Ek ontmoet hierdie ou by my werk, kort en fris. Ons het ‘n verhouding begin, en later seks. Ek kom tussen 30 en 35 keer op een aand. Ek verloor my bewussyn kort kort volgens my vriend. Dit is vreeslik lekker om so te kom. Ek wou dit nie glo nie, maar my vriend het ons op video gesit. Ek het dit met my eie oë gesien. Ek kon dit nie glo nie. Ek was geskok. Ek het nie geweet ‘n vrou kan so kom nie. Is dit normaal? Hierdie vriend het nie einde. Ons het elke aand seks. Ek glo ek het in een jaar meer gekom as ‘n normale vrou in ‘n huwelik van 25 jaar. My vriend se penis is normale grootte. Is daar nog vrouens wat so kom?”


Ben:
Laer af is daar nog gevalle waar dames hulle bewussyn verloor. So jy is nie alleen nie. Ek dink vrouens wat meer as een orgasme op ‘n dag het moet van hulle laat hoor.

Boetie skryf:
“Ben ek het eendag my gataf geskrik. Is dit normal dat as jou meisie ´n orgasme bereik en dan uitpass vir ´n paar sekondes tot ´n minuut. Ek dog aanvanklik dis net die een keer, maar as elke keer as ons stomende seks gehad het dan raak sy flou en as sy weer bykom weet sy nie eintlik wat gebeur het nie. Soms bars sy in trane uit. Kry mens vrouens wat so lekker kan kry dat hulle skoon flou word. Ek moet sê ek voel nogal gevlei daaroor.”
Ben:
Dis nie ongehoord vir ´n vrou om haar bewussyn te verloor hier duskant fyndraai nie. Die stimulasie is so oorweldigend daardie oomblik dat sy haarself verloor. Dit kan ´n paar minute lank duur. Persoonlik was ek nog nooit teenwoordig in so ´n situasie nie, maar ek kan my voorstel dat dit nogal indrukwekkend moet wees. Naaste wat ek nog gesien het was ´n jong dame wie se oë onwillekeurig omdop. Ongelukkig is dit ook so dat dit as gevolg van ´n fisiese probleem kan wees.
Jou meisie moet asseblief ´n geneesheer gaan sien. Net om seker te maak dat daar nie ´n onderliggende fisiese probleem is wat die floute veroorsaak nie. Indien daar niks fisies skort nie kan sy ´n sielkundige gaan spreek, net om haarself gerus te stel oor die toestand. Dis niks om oor skaam te voel nie.

N skryf:
“Ek skei nie daai sappies af as ek horny word nie, net my vrou word nat. Ek kan ook nie 2 keer kom in een sessie nie. Kan u dalk help”
Ben:
N,
Ek neem aan jy verwys na daardie kleurlose vloeistof wat mans normaalweg afskei voor hulle kom. Die doel van hierdie kleurlose vloeistof is om enige urine te neutraliseer. Dit help ook om die beweging van die voorvel te vergemaklik.
Die hoeveelheid vloeistof wat afgeskei word wissel van persoon tot persoon. Dit mag wees dat jy die vloeistof afskei, maar nie daarvan bewus is nie.
Indien jy bekommerd is hieroor sal jou dokter die beste persoon wees om te gaan spreek.
Veelvuldige orgasmes kom nie vir almal vanself nie.
Eerstens moet jy besef dat meer as een orgasme per sessie nie noodwendig beteken almal is van dieselfde intensiteit nie.
Masturbasie is, vir beide mans en vrouens, die beste manier om te werk aan jou orgasmes. Die tegniek wat gereeld hiervoor aanbeveel word is die van Masters en Johnson wat ek beskryf in EK KOM TE GOU.
Die volgende sal ook nie kwaad doen nie:
Hou matigheid voor oë met die drank.
Rook minder.
Doen gereeld oefening.
Kry genoeg slaap.
Vind maniere om van jou daagliks spanning ontslae te raak.
Praat met jou bedmaat oor die probleem.
Vermy dwelms.
BAIE BELANGRIK!!! Leer gesonde eetgewoontes aan!!!
Ongelukkig kan mans nie so maklik veelvuldige orgasmes hê nie. Die sleutel tot meer as een orgasme vir ´n man lê daarin dat jy moet probeer om nie te kom nie. Jy moet leer om ´n es te kap op fyndraai en dan weer van voor af te begin. Dit is alles ´n kwessie van oefening en beheer.

Sluit aan by die Gesprek

3 Kommentare

  1. Die manier wat ek die beste vind om meer as een orgasme per sekssessie te hê is om nie al jou saad te blaas as jy die eerste keer kom nie. Dit vat nogal heelwat konsentrasie, maar as jy voel jy begin orgasmeer kan jy die saadstorting halfpad kortknip deur, as dit begin, skielik jou gedagtes op iets anders te fokus. Dit help ook om skielik iets nie-seksueels te doen, soos om te hoes of iets gewoons vir jou maat te sê. Jy kan ook skielik uittrek, maar dis minder bevredigend vir jou maat. Deur nie jou hele lading te stort nie offer jy 'n bietjie op aan die lekkerte van 'n volledige orgasme. M.a.w. dit ontbreek aan die genot wat mens het as jou saad puls vir puls tot die laaste druppel uitgepomp word. Die kortknippery vergoed egter ruimskoots vir die tweede ronde. Die saad wat agtergebly het help om jou weer redelik gou by 'n punt te bring waar jy weer kan kom. En wat meer is, jy kan nou baie meer ontspanne en met meer genot voortgaan met jou sekssessie. Jy kan dus, nadat jy jou vir 'n minuut of drie stil in haar gehou het, weer begin stoot. Jy hoef nou nie meer daaroor begaan te wees dat jy te gou gaan kom nie. Jy het eenvoudig net baie meer beheer oor jouself en het ook meer ruimte om dinge te doen wat vir haar (en vir jou) lekker is – sonder dat 'n orgasme jou ongevraagd oorval. Jy sal natuurlikerwys weet as jy 'n punt bereik het waar jy dinge weer tot 'n orgasme wil voer. Jy kan dan geleidelik jou stootpas begin versnel en ervaar hoe die spanning tot 'n orgasme heerlik en veel meer geleidelik as met die eerste ronde begin opbou. As jy dan uiteindelik begin orgasmeer is dit gewoonlik meer intens en duur dit ook langer as die eerste keer. Dis lekkerder, ten spyte daarvan dat jou semen minder is. As jy uiteindelik uittrek sal jy beslis voel jy het vir die wyle genoeg gehad – en sy ook!

    Probeer gerus bogenoemde tegniek. Na 'n paar keer behoort jy goed genoeg geoefen te wees om jou spykersessie uit te rek tot 'n halfuur of meer, in plaas van die normale vyf tot tien minute.

    Geilman

  2. Ek is'n jong man van die noord kaap. X ht net 1 testikel maar x ejakuleer. Sal x 1ndag kan kiners maak.

Lewer kommentaar

Leave a Reply