Michael skryf:
“Ek het vandag ‘n snaakse vraag. My meneer is in ‘n snaakse manier gebuig. Hy is gebuig maar nie soos ander mans sin wat boontoe gebuig is nie, hy buig na onder wanneer styf. Verder kan ek ook sê dat die skag aanvanklik 90 grade begin teen my lyf en dus vandaaraf afkrom afwaarts. Is dit normaal en sal ek ‘n normale sekslewe eendag kan geniet en is daar nog mans met sulke penisse.”
Marthie van Zyl:
Dit is inderdaad normaal en daar is beslis nog mans wat dieselfde vorm het as jy. Daar is n aantal verskillende maniere waarop n panis kan “krom”, as ook sywaarts, reguit af en dan natuurlik die meeste na bo.
Jy sal ‘n normale seks lewe geniet.
Krom piel skryf:
“Ek het sedert verlede jaar agtergekom dat my piel begin krom word. Dit krul na boontoe. Ek en my vrou het nog gereeld seks, maar ons is albei ´n bietjie oorgewig en sy lê gewoonlik op haar rug en ek staan dan op my knieë voor ek my piel in haar druk. Kan die posisie die kromming veroorsaak?”
Ben:
Ek kan nie sê wat presies die fout is nie, maar as ek jy was het ek dadelik my dokter gaan sien.
Daar is ´n siekte genaamd Peyronie se siekte wat die penis laat krom trek.
Dit is selle wat verhard onder die vel. Wanneer jy ´n ereksie kry laat dit die penis buig teen ´n onnatuurlike skerp hoek.
Voel jy iewers ´n harde kol op die penis? Ereksies kan ook moeilik wees en omgang pynlik.
Ek is nie seker wat die siekte veroorsaak nie. Dit kom normaalweg voor by mans tussen die ouderdomme van 40 en 60.