Pornografie in die slaapkamer

Anoniem skryf: “Ons het ‘n goeie sekslewe al vir 15 jaar, maar ek hou van iets anders so nou en dan. My vrou hou nie van afwisseling nie. Is dit dus verkeerd of sonde om net een keer per maand na ‘n XXX movie te kyk. Alhoewel sy baie “turned-on” raak is dit moeilik om haar oor te haal om daarna te kyk. Sy sê self sy hou daarvan, maar dat dit nie reg is nie dat ons daarna kyk nie. Ek voel as mens so iets gebruik om ‘n vurige lefdessessie daarna te he dit net voordelig kan wees vir die huwelik? Ek voel dit hou die “spark” in ons verhouding. Ek self kyk of gebruik dit nie om opgewek te raak nie ,maar is mal daaroor as ek sien sy raak opgewek daar deur.”
Antwoord: Die reg of verkeerd hiervan gaan afhang van jou persoonlike geloofsoortuigings.
Heelwat persone gebruik pornografie suksesvol in die slaapkamer, maar dit kan slegs suksesvol wees indien beide seksmaats gemaklik is daarmee. Moet nooit iemand probeer forseer om dit te doen indien hulle ‘n probleem het daarmee nie. Mens kan ook nie net op pornografie staatmaak om die vonk in ‘n verhouding te hou nie. Gaan jou vrou dit mis indien dit nie meer daar is nie? Kan julle nog ‘n vurige liefdessessie hê sonder die pornografie?
Wat van ‘n slag weer romanse probeer? Of dalk seksspeelgoed?
Wees versigtig om nie die pornografie ‘n probleem vir jou vrou te maak nie.

******* ******* skryf:
HELP ASSEBLIEF, WANT EK DINK DAAR IS GROOT FOUT IN MY HUWELIK!! EK SAL NIE Sê MY MAN IS VERSLAAF AAN PORNOGRAFIE NIE, MAAR DIT IS AL WANNEER DAAR IETS IN DIE SLAAPKAMER GEBEUR IS AS HY DAARNA GEKYK HET! ENIGE RAAD??

Antwoord: Lees Ben se raad onder aan hierdie blad.


´n Dame skryf aan my dat sy probleme in haar huwelik het en wat dit werklik moeilik maak is dat sy nie met haar man kan praat nie, want sy bars altyd in trane uit. Sy skryf:
Ek is swanger, voor ek swanger geword het was my sekslewe fantasties, toe een aand sien ons ´n “X-rated” movie, dit was wonderlik, my magie was nie eens ´n probleem nie, ek het dit werklik geniet om te sien wat dit aan hom doen en hoeveel hy dit geniet, ek is nie jaloers nie en hy weet dit. Dit het ´n paar keer daarna het hy gevra of ons weer na die movie kan kyk sodra ek enige tekens wys van ek wil intiem met hom verkeer, ek het altyd ja gesê, vir my was dit nie ´n probleem nie, vir my om daarna te kyk is net so opwindend soos vir hom miskien selfs meer. Wel dis anders nou, my swangerskap was nog nooit in die pad nie, maar ek het nou die dag vir hom gesê ek voel dis nie ek wat dit vir hom doen nie maar die film, en dat ek nooit soos enige van daardie vrouens sal lyk nie, hy het vir my gesê hy dink eks pragtig en hy’s lief vir my en dis ek wat dit vir hom doen nie die film nie, en dat hy nie enige van daardie meisies bo my sal kies nie, dis vir my wat hy wil hê en niemand anders nie. Ek het hom geglo en wonderlik gevoel oor myself. Nou gister aand het ek in die bed gelê en lees, hy was besig op die internet, voor ek weet wat gebeur sê hy vir my hy wil my hê en ek is so en wat nog alles ….. Ek wou nie, my woorde aan hom was ek is al so ver swanger maar ek is bereid om hom op ENIGE ander manier, maak nie saak wat nie te bevredig, en soos ek verwag het vra hy toe of hy een van onse films kan kyk, hy vra my toe ook gaan ek saam kom of nie, dit wat die eerste klein stekie daardie “gaan jy saam my kom of nie” ek was seergemaak, ek sluk dit toe maar, my verskoning – ek moenie dat my hormone met my mors nie!! .. wel ek gaan toe maar ewe gedwee agter hom aan, in die sitkamer sê ek toe vir hom ek voel nogal koel, niks anders nie, net dat ek so klein bietjie koud kry, en hy sê toe vir my hy kan alleen klaar maak hierso, as ek wil opgaan kamer toe. Dit het gevoel asof my hart in stukke breek, hy het my nie nodig nie, en dit was nooit ek wat hom bevredig het nie, dit was kaal, pragtige vrouens op ´n televisie skerm wat dit gedoen het, en die beste van alles was ek het omgedraai en weggeloop hy het besef ek is ontsteld, hy het my 3 keer geroep ek het hom nie geantwoord nie, maar nogsteeds het hy daar gebly tot hy klaar was, toe hy opkom hoor hy toe ek huil, hy het gesê hy’s jammer en hy weet nie wat hy aan gedink het nie, hy sê toe ook vir my dat hy my wou daar hê, maar hy wou ook nie dat ek koud kry nie, en dat ek nie so sensitief moet wees nie, hy wou tog dit al eerstens gehad het voor die film eens genoem was en dat ek die een was wat nie wou nie??? … ek verstaan nogsteeds nie lekker daardie een nie!!! Ek het aangebied om hom te bevredig, hoekom moes ons ´n film kyk, is ek nie genoeg nie, en as my veranderde liggaam hom pla hoekom kan hy nie net eerlik wees omtrent dit nie, hy is oneerlik, hy was in die eerste plek nie in die “mood” omdat hy sy vrou liefhet nie, hy was in die “mood” omdat hy ander vrouens op ´n website gesien het, hy het een of ander movie gedownload, ek het dit eers vanoggend gesien.
Ek is nie die tipe wat sou gepla gewees het oor enige van hierdie dinge nie, maar hoekom elke keer vandat ons daardie film gesien het, wat ek voorgestel het by the way. Hoekom nou moet dit elke keer inkom wanneer ons intiem verkeer. Ek is nie genoeg vir hom nie, ek dink nie eens hy kan ´n ereksie kry sonder dit nie, en tog as ek met hom praat dan is ek altyd die een wat oor reageer, seks is nie meer vir my lekker nie, ek was nog altyd baie aktief in die bed, maar nou loop ek rond en voel nie net skreeu lelik nie maar asof my man my nie liefhet nie, want as hy my liefgehad het sou daardie tipe van films gehou geword het vir tye wanneer ons iets anders wil probeer. Ek is hartseer en ongelukkig 99% van die tyd, ek huil al die hele more en op hierdie oomblik voel ek lus en pak net my tassies en loop!! Maar ek kan nie, want ek is so lief vir hom, maar is hy lief vir my? Ek is jammer as ek jou pla, maar ek het niemand om mee te praat nie, en ek voel net so alleen.
Kan jy my raad gee?
– Anoniem
Ben:
Ek sou voorstel jy maak ´n afspraak met ´n sielkundige. Jou gevoel van ontoereikendheid is nie iets ongewoons op hierdie stadium van jou swangerskap nie en dit is nie altyd maklik om hierdie inligting aan jou eggenoot oor te dra nie. Sou ´n berader voorstel dat jou man ook met hom/haar te kom praat moet jy dit egter nie aan hom stel dat sy seksuele gewoontes daarmee te doen het nie. Sukses van kommunikasie met die manlike geslag gaan nie oor wat die onderwerp is nie, maar hoe dit oorgedra word.
Mans (oor die algemeen) sal altyd na pornografie kyk, al ontken heelwat van hulle dit. Dit is nie noodwendig problematies op sigself nie, maar kan negatiewe gevolge hê as dit ander betrokke partye begin beïnvloed.
Indien jy intussen wil probeer praat met jou man is dit ´n goeie idee om die onderwerp in ´n ander omgewing as die slaapkamer te bespreek. Ek sou ook voorstel dat jy self in ´n goeie gemoedstoestand is voor die gesprek.
Probeer om nie sommer met die deur in die huis te val nie. Mans is vreeslik gevoelig vir negatiewe verwysings na hul seksualiteit. Begin by jou gevoel oor jou swangerskap op hierdie stadium.


Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar

Leave a Reply