Gebruik Valentynsdag vir romanse

Almal soek altyd raad oor hoe om vuur in ‘n verhouding te blaas en die antwoord is eenvoudig, wees bietjie meer romanties. Valentynsdag is ‘n gulde geleentheid hiervoor. Hier is 10 idees:

  • Bied uit die bloute aan om hom ‘n massering te gee.
  • ‘n Kommetjie met warm water, seep, room, ‘n handdoek en miskien ‘n masseerolie is al wat jy nodig het om jou liefde se voete te was.
  • ‘n Groot soen wanneer sy dit die minste verwag. (Onthou net dit werk nie so lekker in die kerk nie.)
  • Skep ‘n geheime kodewoord vir die volgende braai waarvan net julle twee die ware betekenis weet, soos byvoorbeeld ‘warm’ en dit beteken ‘Ek wil jou hê’. Dan kan julle dinge sê soos “Sjoe die vuur is ‘warm’!” of “Dit was ‘n ‘warm’ dag vandag.”
  • Stuur ‘n liefdesgedig vir Roekeloos.co.za en laat hom / haar weet wanneer dit gepubliseer is.
  • Sê sy moet ‘n oornagtassie pak wanneer sy by die huis kom na werk en vat haar na daardie hotelkamer wat jy bespreek het.
  • Gaan stap ‘n ent terwyl julle hande vashou.
  • Almal weet dat mooi onderklere werk.
  • Min mense weet dat satynlakens wondere verrig vir die gemoed asook enige verhouding.
  • Skep ‘n gereg en vernoem dit na hom. Stuur die na Kookkuns.com en laat hom weet. (Maak net seker dit smaak na wense.)

Lewer kommentaar

Leave a Reply