21 en gay

Anoniem skryf:

“Ek is 21, en gay. Ek weet nie hoe om dit met my ouers te bespreek nie, alhoewel hulle al “suggestions” daaroor gemaak het. Ek het onlangs verlief geraak op iemand, en wil sulke “gelukkies” met almal om my deel. Ek wil ook aan mense verduidelik dat om gay te wees nie net ´n groot orgie is soos wat mense dit uit maak om te wees nie, en dat nie alle gay mans soos vrouens is of wil wees nie. Ek is 99% “straight looking” en mense wat my goed ken kan skaars dink dat ek gay is. Ek glo in monogomous verhoudings en dit krap my gedurig om as gay mans net daar op uit is om sex te hê. Ek wonder ook gereeld oor homoseksualitet en die kerk. Ek glo nog altyd in God, maar daar is soveel diskriminasie vanaf die kerk. En die Bybel maak nie altyd sin as daar gepraat word van homoseksualiteit wat ´n sonde is nie. I never chose to be gay. Dis glad nie ´n keuse gewees nie. Inteendeel, ek dink as ek ´n heteroseksuele lewe moes ly, sou dit ´n leuen gewees het. Dit sal great wees om meer raad oor “Being 21 and gay” te kan kry…”

Ben:
Seksualiteit is ´n persoonlike keuse en jy hoef nie jou voorkeure te verdedig nie. Ek stel tog voor dat jy dit met jou ouers bespreek. Indien hulle jou oriëntasie as ongewens beskou kan dit tot spanning, angs en skuldgevoelens lei. Hoe gouer julle dit bespreek hoe beter. Indien julle sou sukkel om tot ´n vergelyk te kom sou ek voorstel julle kry professionele hulp.
Soos duidelik is uit jou brief is daar baie mites wat aan homoseksualiteit gekoppel word. Slegs ´n klein persentsie gay persone “lyk” byvoorbeeld asof hulle gay is. Homoseksuele mans is ook niks meer promisku as heteroseksuele mans nie.
Ongelukkig kan jy niks doen aan ander se onkunde nie. Solank jy net eerlik met jouself is.

Lewer kommentaar

Leave a Reply