H**** ****** skryf:
“Ek is 26, het ‘n seun van 2, is gelukkig getroud vir 7 jaar. Met al die ups-en-downs wat daar in die huwelik is, kan ‘n mens uitsorteer, maar my seksdrang is vir my ‘n probleem.
Ek was vroeg seksueel aktief gewees (vanaf 13 jaar). Niks om trots op te wees nie. My man weet dit. Aan dit begin het ons baie baklei daaroor, maar ons is nou fine.
My probleem is – “skelm” seks was altyd lekker en dis asof ‘n mens nooit genoeg kon kry nie. Noudat ek getroud is, is ek min gepla daaroor. Ek wil so graag iets doen daaraan – want ek glo, as jy jou huiswerk op datum hou by die huis, sal jy ‘n getroue en gelukkig man hê. As ons seks het, is dit wonderlik … daar is niks wat my afsit wat my man doen nie.
Deesdae pla my verlede my omdat my man nou moet sukkel om by my te kry wat hy wil hê. Ek dink elke dag daaraan. Ek huil meeste van die tyd as ek alleen is want ek verstaan nie hoekom ek nie vanself sommer net kan lus raak nie. Ek sms of bel nie eers vir my man vroeer in die middag om vir hom te sê dat “ons het ‘n afspraak vanaand” nie, want ek’s bang ek stel hom teleur … wel, gewoonlik gebeur daar dan niks.
Ek wil so graag natuurlik “lus” raak, of op my eie “lus” raak en my man surprise, maar dit lyk vir my ek benodig iets om my te help? Of het my verlede ‘n invloed op wie ek is vandag?
Ek weet nie of u ‘n sielkundige ook is nie, maar ek wil graag die probleem op ‘n manier uitsorteer voor my man tog besluit om groener weivelde te gaan soek.”

Marthie van Zyl:
Nee wat, jou verlede het maar nie te veel uit te waai met jou gevoel of gebrek aan gevoel nou nie. Vele vrouens ervaar dieselfde probleem as jy, en ongelukkig is daar nie ‘n vinnige oplossing of een antwoord op waar die probleem begin het en hoe dit opgelos kan word nie. Vrouens is baie emosioneel en gewoonlik DINK en VOEL ons ons drange weg … die grootste seksorgaan is die brein, nie die lyf nie, en ons glo later seks is nie lekker nie, ons soek dinge om ons denke van seks af te trek, om baie veskillende redes word dit gedoen. Daar is hulpmiddels in die vorm van medikasie te koop, maar weereens kan ek nie voorstel watter een jy moet gebruik nie, want almal werk nie ewe effektief op alle mense nie. Vitamien C is volgens my ‘n baie goeie middel om te gebruik, probeer dit gerus …