Oma Dekkers

Oma Dekkers is ’n sielvolle Nederlandse vertelling deur kabaret- sangeres Natascha C met Frans en Nederlandse lirieke van onder andere Edith Piaf en Herman van Veen asook oorspronklike Nederlandse werke uit haar eie pen om die storielyn te ondersteun.

Dit handel oor die verhaal van ’n enigmatiese sterk vrou wat in Nederland woon wie se lewe drasties tydens en na die oorlog verander. Kom bepeins saam met haar oor die vraag waar ware rykdom lê en soek saam met haar
na lewensvreugde deur die vele beproewinge. Beleef Natascha C waar sy die verhaal van Oma Dekkers – haar eie oumagrootjie – deur woord en sielvolle sang vertel.

Met: Natascha C, Henry-John Williams
Teks en regie: Natascha C en Henry-John Williams
Adviserende regie: Marius Bakkes

innibos 2013

Genre: Kabaret

Gradering: Geen o/13

Datum en tyd: Do 27 Junie 20:00, Vr 28 Junie 20:00
Venue: Stoep se Agterstoep (langs Inniboskantoor), Nelspruit
Tydsduur: 55 minute
Prys: R62

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar