Vrou wil niks doen nie

“Ben,
Wat maak mens as jy al met jou vrou gepraat, gesoebat, baklei het en wat nog alles oor meer interessante sex, en niks help nie? Sy sal nie iemand gaan sien nie. Sy hou nie van enigiets nuuts nie. Op die beste verdra sy orale sex, maar net party keer. Sy wil nie eksperimenteer, voor my masturbeer, met speelgoed of sjokoladeverf of masseerolies of sulke goed speel nie. Sy kan porn nie verdra nie. Dis nou 10 jaar van getroud wees wat ek uithou, maar nou voel ek nie meer lus vir sukkel nie. Nou wil ek ´n vrou betaal om sulke goed met my te doen. Ek het al selfs ´n afspraak gehad met so ´n vrou, maar het dit op die ou end gekanseleer. Is ek mal om my speletjies by iemand anders te gaan soek?

Om eerlik te wees, daar was hier en daar kere wat ons baie lekker sex gehad het. Maar meestal is dit nie so nie. Baie kere is dit so boring ek wens net dit wil oorgaan. Dit lyk nie of ek haar kan opgewonde kry nie. Penetrasie is ook baie keer ´n probleem. Soos ek sê, ek is nou moeg gesukkel.”

Kjrel

Ben:

Kjrel,
ek sou voorstel dat jy jou gevoelens baie duidelik aan haar oordra en benadruk dat jy baie sterk daaroor voel dat jy behoeftes het wat nie bevredig word nie. Vertel haar ook dat jy al oorweeg het om te betaal om jou behoeftes te bevredig.

Indien jy haar kan oortuig dat julle saam na ´n oplossing moet soek kan jy vir julle ´n afspraak by ´n sielkundige maak. Vra haar ook vir ´n voorstel oor hoe julle die probleem kan oplos.

Ek is vas oortuig dat die probleem opgelos kan word, samewerking sal egter MOET kom van beide kante.

Hou ook in gedagte dat nie almal van alles hou nie!

Groete

Lewer kommentaar

Leave a Reply