Retha Roos skryf :
“Ek en my kleinneef ken mekaar nou 12 jr en elke keer as ons bymekaar is is daar ‘n konneksie, niks het gebeur tussen ons nie, ons kuier baie lekker saam, my ma en sy ma is niggies menende my oupa en sy oupa is broers, net vir die interessantheid, sal dit bv. onwettig wees om te trou en sal daar enige komplikasies wees, net sodat mens kan weet dat jy jouself dan op ‘n afstand kan hou!”
Antwoord :
Julle sal mag trou en daar behoort nie enige komplikasies te wees nie.
Anoniem skryf:
“Ek (23) het onlang seks met my suster (17) gehad. Ons vermoed sy is swanger. Ons doen dit al vanaf ons in die laerskool was. Ons is lief vir mekaar. Is dit verkeerd? Sal ons kan trou?”
Suster:
Ja, dit is in die eerste plek teen die wet om seks te hê met iemand onder 18 jaar, en jy kan aangekla word. Dit is ook bloedskande om met jou eie suster omgang (seks) te hê. Nee, julle sal nie kan trou nie. Indien sy wel swanger is sal julle so gou as moontlik julle ouers of iemand wat julle vertrou daarvan moet sê. Dit is so dat in so geval daar baie genetiese afwykings by die baba kan wees.
Ek weet nie regtig baie van bloedskande nie, en wil graag meer uitvind.
Hoe vêr in die terug in die familielyn word beskou as bloedskande? Bv:
– Neem twee persone; A & B
A se pa en B se ma is broer en suster. Dus is A & B direkte neef en niggie. Dit is sekerlik onaanvaarbaar, maar wat sal gebeur indien hulle wel tot trou kom, of is dit teen die wet?
– Neem twee persone A & B
A se oupa en B se oupa is neefs. Dus baie vêrlangs familie. Is so ´n verhouding tussen A & B aanvaarbaar?
Hoop jy kan my help om bg vrae te beantwoord.
By voorbaat dankie
U
Ben:
U,
Bloedskande is seksuele omgang tussen twee persone wat weens verwantskap nie met mekaar mag trou nie. Ek dink ´n regsgeleerde gaan jou baie beter kan help as die uwe oor wanneer jy volgens wet oor die bloedlyn trap. Voorheen is daar van bloedskande gepraat wanneer seksuele omgang tussen twee persone wat in ´n direkte lyn aan mekaar verwant is plaasvind, bv. Pa en dogter of ouma en kleinseun EN/OF seksuele omgang tussen twee persone wat in ´n direkte lyn verwant is aan dieselfde derde familielid, bv. half-broer en half-suster. Gaan sien ´n regsgeleerde oor die nuutste omskrywing. Ek weet ook dat die wet voorheen ´n spesifieke omskrywing van seksuele omgang gegee het (eers na “natuurlike penetrasie” is dit seks) wat moes plaasvind voor dat daar van bloedskande gepraat kon word. Ek is seker dat daardie (absurde) omskrywing gelei het tot die uitbuiting van vele jong meisies.
Studies het getoon dat dit nie onnatuurlik is vir persone wat gewoon saam woon of in sterk familieverband staan om ´n seksuele aangetrokkenheid tot mekaar te ontwikkel nie. Kenners meen dat bloedskande tussen broer en suster meestal toevallig is. Die tweede grootste voorkoms van bloedskande is tussen pa’s en dogters. Ongelukkig wil dit voorkom of vele slagoffers van laasgenoemde nooit na vore kom nie en die res van hul lewe gebuk gaan onder ´n reeks seksuele probleme as gevolg hiervan en sukkel om ´n normale verhouding met ´n man op te bou.

Ek wil graag weet as pa en dogter saam geslaap het en da is n kind gebore,wat is die kanse wat dai kind normaal sal wees?
Nie baie goed nie. Dit is ook nie iets wat moet gebeur nie.
Annoniem:kan my direkte neef en my dogter n verhouding he?
As ek en my niggie wil seks he .. gaan dit verkeerd wees .. ons gan nie trou of kinders maak nie .. Annoniem
My ma se neef en ek is verlief, kan ons dalk eendag as dit so ver gaan trou en kinders hê of wat
My ma se neef en ek is verlief, kan ons dalk eendag as dit so ver gaan trou en kinders hê of wat
Kan klein neef en klein niggie met mekaar uitgaan
Kan klein neef en klein niggie uitgaan