Katte, ’n handleiding vir verantwoordelike kateienaars in Suid-Afrika is die eerste toeganklike, praktiese en moderne A-Z van katte, geskryf in Afrikaans vir die Suid-Afrikaanse kateienaar.
Deel 1 behandel onder meer dié karaktervolle troeteldier se oorsprong en makmaak, hulle anatomie, sintuie en kleurvolle pelse.
Deel 2 dek die voorbereiding vir en verwelkoming van ’n nuwe katjie in die huisgesin, wat die katjie sal benodig, asook die korrekte versorging.
Deel 3 is ’n alfabetiese samevatting van die mees algemene kwale en siektes wat voorkom by katte in Suid-Afrika.
Katte / deur Yolanda Wessels — Naledi.– ISBN 9781920654078 : R 245.00
Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
