Bang vir seerkry

I skryf:
“Ek is 27 jaar oud. Ek en my eks man was 12 jaar bymekaar waarvan ons vier jaar getroud was. Hy het net een aand by die huis gekom gesê hy is verlief op my beste vriendin (wat ook getroud is) en dat hy asseblief wil skei. 28 dae later is ek geskei en ek sukkel verskriklik om die egskeiding te oorleef.
Ek het 2 weke gelede ‘n nuwe mannetjie ontmoet wat ook geskei is. Ek is so bang vir seerkry en ek wil so graag iemand weer hê want ek voel so erg alleen. Hy het die week saam met sy dogtertjie en sy eks vrou vir ‘n week vakansie gaan hou. Hy mag sy dogtertjie nie alleen sien nie en moes noodgedwonge sy eks saamneem. Ek sukkel regtig om dit te aanvaar en ek bly onseker van hierdie verhouding want ek is so bang dat ons dit nie gaan maak nie. Ek probeer hard om te maak asof ek nie regtig omgee nie maar binne in my breek ek.
Hy is ‘n baie aangename en ordentlike man wat my verseker het dat ek nie hoef bekommerd te wees nie, maar my kop bly vir my iets anders vertel. Ek is regtig nie seker of ek nou weer in ‘n verhouding moet wees nie siende dat ek net vier maande geskei is, maar hy laat my so goed voel en ek voel dat terwyl ons twee bymekaar is ek my egskeiding beter verwerk.
Wat staan my te doen?”

Marthie van Zyl:
Dit is baie moelik om die tipe vrae wat jou jaag deur die Internet te beantwoord, maar ek gaan my bes probeer om jou te help, jy is steeds jonk, en jou lewe lê nog voor jou, en ja, ek sou beslis sê dat jy die nuwe verhouding ‘n kans moet gee, en om te probeer wegkruip van seerkry, dit is een ding wat niemand werklik kan regkry nie, want seerkry is deel van ons elkeen se lewe, deur weg te skram van ‘n tweede of selfs derde verhouding of meer, gaan jou niks in die sak bring behalwe eensaamheid nie, en ‘n gewonder of jy nie die of daai man ‘n kans moes gegee het nie.
Die feit dat die man met wie jy nou n verhouding het sy eks vrou saam op vakansie neem, omdat hy nie sy dogtertjie sonder toesig mag sien nie, daarop sal ek jou nie oor die Internet kan of mag antwoord nie, want daar sal seer sekerlik BAIE goeie redes wees waarom dit sou nodig wees, so ek sal nie my sout werd wees om my uit te laat oor so ‘n delikate situasie sonder dat ek die verhaal agter die verhaal in SY lewe ken nie. My raad aan jou so dus wees, net op grond van dit wat ek myself sal toeleet om te sê, is dat jy self moet besluit of so ‘n reëling aanvaarbaar is, en gaan bly vir jou…
Maar jou vraag of jy weer moet probeer met ‘n ander man, dit is beslis JA, daar is wel baie manne wat die moeite werd is daar buite, en jy sal nie een kry as jy nie soek na een nie, en al hoe jy hom gaan kry is deur met mans uit te gaan en weer verhoudings te bou, een van daardie verhoudings is dalk die een waarvoor jy wag.
Baie sterkte

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

  1. Goeie naand of seker al more…eks in n langafstandverhouding, onst mekaar op n gesels site ontmoet, hys heelwat jonger as ek, toe hy my die 1ste keer nader het ek direk gedink hys te jonk vir my (16 jaar jonger) en dit ook vir hom gese, hyt egter weer en weer na my teruggekom en gevra of ons ni net kan vriende wees ni, ekt na nog n paar probeerslae van sy kant af ingestem dat ons net oppervlakkige vriende kan wees. Ek was in n verhouding vir 4 en half jaar, met meer slegte as goeie tye, eks al 8 maande alleen en wou regtig net vriende he want ek was baie eensaam, my jong vriend het spoedig meer as net oppervlakkig gebly, hyt sy liefde aan my verklaar en ekt steeds teruggehou en hom probeer afraai, ekt myself betrap dat ek ook stadig maar seker besig is om verlief te raak!!! Hys vreeslik volwasse in meeste opsigte, wat my verstom maar sodra hy agterkom dat ek aanlyn was en vir n ruk aanlyn was, stuur hy sarkastiese boodskappe die volgende dag, so hy gaan kyk hoe lank ek aanlyn was, ekt hom wel gese ek praat nog somtyds met n paar maar dis net vriendskaplik, hy glo di egter ni. Hy gesels ook aanlyn nog….Ekt hom 3 voicemails gestuur hoe ek voel daaroor en dat dit my ongelukkig maak, hy vertel my toe ook in n voicemail dat hy 2 verhoudings gehad het met ouer vrouens wat hy ook aanlyn ontmoet het en dat albei hom verneuk het. Ek verstaan sy gevoelens rondom dit alles en dat hy niemand vertrou ni…eks deur dieselfde probleme met ekse maar ek voel dat ek, letterlik gestel, nie n slaansak wil wees agv die feit dat hy rondgeneuk is ni, ek is ook en ek doen dit ni met hom ni, ons albei is steeds op die sekere site, ekt voorgestel dat albei dit dan kanselleer, waarop ek nog ni n antwoord gekry het ni!!!! Hoe hanteer ek dit alles??? Hy is/was bereid om na my te kom in Desember, maar hyt second thoughts klink dit nou….ek weet jy gaan dalk vir my se die ouderdomsverskil is te groot of hys te jaloers of iets soortgelyks maar ek voel regtig vir hom en hy vir my, hyt selfs gese hy wil trou en sy diepste hartsbegeertes al uitgestort, ek ook….ons deel soveel diep dinge!!!! Dink jy ons staan n kans??? Baie dankie dat jy ons gewone mense van raad bedien…

Lewer kommentaar

Leave a Reply